My Romerige Bergkaas Macaroni - Geen Vleis, Net Lekkerte! 🧀🍄
Автор: Affordable Eats
Загружено: 2026-01-16
Просмотров: 428
Описание:
My Romerige Bergkaas & Macaroni!
Wie sê jy het vleis nodig vir ’n heerlike bord kos? In hierdie video wys ek julle hoe om my beroemde Bergkaas Macaroni te maak. Dit is propvol goudbruin gebraaide sampioene en ’n fluweelsagte, ryk Bergkaas-sousie wat jou sal laat vergeet van enigiets anders.
Hierdie is die tipe kos waarvoor almal twee of drie keer gaan skep. Ek onthou nog goed hoe my dogter van kleins af sommer die bord uitgelek het so lekker as wat dit is! Jy eet letterlik "agter die lekkerte aan".
Of jy nou ’n vegetariër is of net lus is vir ’n vinnige, smullekker aandete wat nie die bank gaan breek nie—hierdie een moet jy probeer.
Soos ek altyd sê: DIS HEERLIK!!!!!
Bergkaas Marcaroni Resep:
1 pakkie macaroni, gekook
2 pakkies sampioene, gesny
2 opgehoopte eetlepels margarien of botter
sout en peper na smaak
Koop macaroni tot al dente of sag. Jy kan dit afspoel soos ek. Sit eenkant.
Braai dan sampioene in margarien tot bruin en sag. Geur met sout en peper na smaak. Behou die sousie. Plaas eenkant.
Bergkaas Sousie;
4 koppies melk
3 opgehoopte eetlepels koekmeel, gemeng met so ½ - ¾ koppie melk
400 g Bergkaas of Processed Cheese, grof gerasper
1 opgehoopte eetlepel margarien of botter
sout en peper na smaak
Voeg die melk en margarien in 'n groot kastrol. Meng die koekmeel met die melk gebruik eers net
½ koppie die mengsel moet nie pap wees. Gooi dit dan by die melk mengsel. Roer dit aanhoudend met 'n draadklitser tot dit kook. Sit plaat op no.4 en voeg dan die gerasperde kaas by en klits tot die kaas lekker gesmelt het.
Gooi dan die macaroni in 'n groot oondvaste bak, dan die sampioene en dan die Bergkaas sousie. Meng dit goed deur, geur met sout na smaak, voor jy dit bedien. Geniet hom!
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: