My Husband’s Secret Malva Pudding - Golden, Saucy & Delicious
Автор: Affordable Eats
Загружено: 2026-02-06
Просмотров: 428
Описание:
My Man Se Malva Poeding Met Sticky Sous
Daar is min dinge so lekker soos ’n regte tradisionele Malvapoeding! In vandag se video deel ek my man se geheime resep vir ’n Malvapoeding met 'n Sticky Sousie.
Hierdie poeding is presies hoe hy moet wees: heerlik sappig, goudbruin gebak en deurtrek met daardie ryk, taai sousie waarvoor ons almal so lief is. Dit is die perfekte bederf vir die hele gesin!
Geniet dit saam met:
’n Lekker skeut Ultra-Mel Vla of Ingedampte Melk (Ideal Milk).
’n Skep romerige Vanilla Roomys.
Of sommer net vars room (nie styfgeklits nie) vir daardie ekstra bederf.
As jy van hierdie video hou, onthou asseblief om te "Like", te "Subscribe" en die klokkie-ikoon te druk sodat jy nie my volgende resepte misloop nie!
Malva Poeding; (Dubbel Resep) - Jy kan hom half veer
2 koppies koekmeel
1 koppie wit suiker
¼ teelepel sout
6 teelepels margarien
3 opgehoopte eetlepels appelkooskonfyt
4 teelepels wit asyn
2 teelepels koeksoda, nie opgehoop
2 teelepels vanielje geursel
2 eiers
2 koppies melk
Gooi al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Voeg dan al die nat bestanddele by. Klits dit goed deur met ‘n draadklitser of ‘n elektriese menger. Spuit oondbak met kossproei. Bak poeding in ‘n voorverhitte oond by 140 grade Celcius. Dit neem so 1 ½ - 1 uur en 45 minute. Hoe langer hy bak hoe bruiner word hy. Jy sal sien hy trek ook weg van die kante.
Sticky Sousie;
½ koppie water
1 koppie wit suiker
2 teelepels vanielje geursel
6 eetlepels gouestroop
200 – 250 g margarien
Gooi alles in kastrol. Roer net in begin. Laat sousie kook en haal van die hitte af. Sodra die poeding gaar is, steek hom vol gaatjies. Gooi die sousie eweredig oor. Laat hom dan 5 – 10 minute staan laat die sousie lekker in trek. Geniet hom saam met Ingedampte melk of Ultra-Mel Vla, of Vanilla roomys. Ek geniet hom met al 3 en my man en dogter geniet hom net saam met Ingedampte melk. Hy is ook heerlik saam met room bo-oor wat jy nie styf klits.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: