"Die Kortpad Na Sy/Haar Hart - Valentyns-hartjieplaatkoekies ❤️
Автор: Affordable Eats
Загружено: 2026-02-10
Просмотров: 84
Описание:
Hartjie Plaatkoekie Met Framboos Sous En Vanilla Roomys
Verras jou geliefde hierdie Valentynsdag met iets besonders uit die hart! In vandag se video wys ek vir julle hoe om hierdie heerlike Valentyns-hartjieplaatkoekies te maak. Ons bedien dit met 'n vars, tuisgemaakte framboos-sousie en 'n skeppie romerige vanilla roomys vir die perfekte balans.
Dit is vinnig, maklik en lyk kompleet soos iets uit 'n restaurant!
Hartjie Plaatkoekie Met Framboos Sousie & Roomys Resep:
Plaatkoekies;
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier, nie opgehoop
2 teelepels suiker
1 eier
¾ koppie melk
klein knypie sout
1 teelepel margarien
Gooi alles in 'n mengbak en klits dit goed deur met 'n draadklitser of elektriese klitser. Jy kan jou pan die eerste keer spuit met kossproei ook. Gooi jou deeg in versierbuissakkie met 'n ronde nossel. Ek spuit my pan die eerste keer met kossproei en nie weer daarna. Sodra jou pan warm pipe 'n hartjie en sodra daar 'n borreltjies verskyn draai dit om en bak hom tot bruin aan die anderkant ook. As jou plaat te warm is sit hom dan op no.3 of no.4 sodat hy nie vinnig brand en nog rou is aan die binnekant.
Framboos Sousie;
250 g vars frambose
bietjie suurlemoensap so 1 teelepel
2 eetlepels witsuiker
Vanilla Roomys
Gooi een houer 125 g frambose in kastrol saam met die suurlemoensap en suiker. Ek druk myne bietjie dat 'n sousie kan begin. Sodra dit kook neem dit so 5 - 8 minute. Sodra hy begin dikker word haal dit van die plaat af. Myne het 4 minute geneem. Druk dit deur 'n sif. Net voor opdiening maak die sousie warm indien verkies en skep dit bo-oor die vanilla roomys. Versier met vars frambose. Dit is Heerlik!
Like, Share & Subscribe
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: