Jesus: Agt beelde, agt betekenisse: Van Paulus tot eietydse denke • Philip Liebenberg
Автор: Renaissance Gemeenskap
Загружено: 2025-12-07
Просмотров: 236
Описание:
In hierdie praatjie kyk ons na agt verskillende uitbeeldings van Jesus soos hulle deur die Nuwe Testament én deur vandag se geloofsgemeenskappe gevorm is. Ons vergelyk Paulus se Jesus, Markus se Jesus, Matthëus en Lukas se Jesus, Johannes se Jesus, en dan die kerk se hedendaagse Jesus, die radikale profetiese Jesus, en die historiese Jesus as argetipe.
Hierdie praatjie kyk in ‘n kort oorsig hoe elke Jesus-beeld ontstaan het, watter teologiese, sosiale en historiese invloede daaraan vorm gegee het, en wat dit vandag nog vir ons van onsself sê. Dit is ideaal vir mense wat belangstel in Bybelse geskiedenis, kritiese studie van die evangelies, spirituele groei, geloofsvrae en psigoanalitiese interpretasies van Jesus.
As jy wil weet waarom die evangelies verskil, hoe Jesus vandag deur verskillende groepe verstaan word, en hoe hierdie prentjies ons eie lewe en menswees beïnvloed, is jy sopas genooi om te kom luister.
9:00 Sondagoggend
Safari Tuinsentrum se kapel
Lynnwoodweg, Pretoria
#Jesus #HistorieseJesus #NuweTestament #Evangelies #Paulus #Markus #Mattheus #Lukas #Johannes #Teologie #BybelseGeskiedenis #GeloofVandag #GeestelikeGroeI #Spiritualiteit #Argetipes #PsigoanaliseEnGeloof #JesusNavorsing #ChristelikeGeskiedenis #ReligieEnSpiritualiteit #Bybelstudie
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: