Witsand - Waar die Duine Brul!
Автор: Kriekie se Kiekies
Загружено: 2025-11-16
Просмотров: 3002
Описание:
Witsand – Waar die Duine Brul - Aug 2025
“Welkom terug op die kanaal, vriende. Vandag vat ons julle saam na een van die mees besonderse plekke in die Noord-Kaap… ’n plek waar stilte jou omarm, waar die son die sandduine goud verf, en waar die natuur ’n stem kry.
Welkom… by Witsand Nature Reserve.
Sodra jy hier inry, voel dit asof die wêreld stadiger draai. Voor jou lê ’n see van wit, sagte duine – uitgestrek en tydloos. En net hier, op hierdie unieke sand, gebeur iets besonders…
Wanneer jy die duin uitklim, begin die sand brul. ’n Lae, diep grom, amper soos ’n leeu in die verte…..of so sê hulle…
Ons volg die 3.2 kilometer staproete, ’n rustige draai deur grasveld en duinlandskap. Elke paar meter verander die toneel… die kleure, die vorms, die stilte. Dis die soort stap waar jy net asemhaal en besef hoe groot en mooi Suid-Afrika se oop ruimtes is.
By die watergat wag vir ons ’n juweeltjie – Witsand se voëlskuiling. Dit is rustig, koel, en perfek weggesteek teen die son. Sit net ’n rukkie…
Die skuiling is regtig een van Witsand se mooiste verrassings – ’n stil wêreld op sy eie.
En vir die avontuurlustiges is daar natuurlik die 4x4-roete.
Die kampeerplekke is ruim en mooi uitgelê, en die ablusies is pragtig skoon – ’n ware luukse in die middel van die stilte want hier, in Witsand, praat die natuur.
Dankie dat julle saamgereis het. Onthou om in te loer vir ons volgende avontuur. En soos altyd – ry veilig, kamp lig, en geniet elke oomblik in ons ongelooflike land.”
At the end, life is all about memories…..
#witsand #witsandnatuurreservaat
#witsandnaturereserve #buitelug #buitelewe #bushlaparooimier #bushlapa #kriekiesekiekies #outdoorcamping #outdoorliving #outdooradventure #amarok #sonyrx10iv #sonyrx10 #sony #duine #dunes #brulsand #roaringdunes
Music by https://www.bensound.com
License code: VKBYKWLFJ0E1QQNW
Artist: : Benjamin Tissot
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: