RAAF - Jonk en Verlore (amptelike musiekvideo)
Автор: RAAF
Загружено: 2021-07-29
Просмотров: 220750
Описание:
Jonk en Verlore in video
Volgens Lourens en Esté is Jonk en Verlore ‘n terugskouing na hul studentedae: “ons kon ure lank verdwaal in die strate van Stellenbosch waar ons studeer het. Ons sou baie keer vir mekaar ‘n boodskap stuur, besluit ons gaan op ‘n avontuur en doodeenvoudig alles los en die dag laat uitspeel soos wat dit moet. Ons wou daardie dae-van-ouds vasvang en onsself herinner dat ‘n mens altyd die avontuur van die lewe moet najaag - nes in die ou dae.”
Jonk en Verlore:
Geskryf en vervaardig deur Lourens en Esté Raaf
Vervaardigers: Lourens Raaf & Pop Kult
Musiek opgeneem by PopKult Studio in Potchefstroom
Recording & mixing engineer: PopKult
Mastering Engineer: Ewald Jansen Van Rensburg, PopKult
Musiek video in samewerking met The Stage Performing Arts Studio
Videograaf en versorger: Corrie Uys
Koreograaf: Braeden Buys
Regisseur: Yolandé Rabé
Konsep: RAAF
Luister al RAAF se nuwe musiek: https://linktr.ee/raaf_music
Volg RAAF op die sosiale kanale:
Insta: / raaf_musiek
FB: / raafbottomle. .
------------------------------------------------------
Lirieke:
Daar is gange in jou kop ek ken dit
Elke hoek en draai het ek ontdek
Die kastele in jou hart se kamer
Is soms verlig, soms toegetrek
Ek droom van lang strande, jy droom van groot stede
Ons ken mekaar se diep en duister, lag en luister, ons klein wêreld ons rusplek
Ons bou mekaar en breek mekaar
Deur al die skree, net jy
Toe ek jou oog gevang het jare terug was ons nog vry
Wat as ons net alles los ons goed op pak en ry
‘n Avontuur gaan soek…
Jonk en Verlore
Nes in die ou dae
Nes in die ou dae
Jonk en Verlore
Daar is plekke in die wêreld waar ons was
Elke stad is deel van jou
Die wysies binne my kom uit soos branders
Kan ons lugkastele bou
#BottomlessCoffeeBand #JonkEnVerlore #Prediker
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: