BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING deur Johan Rademan
Автор: RSG 100 - 104 FM
Загружено: 2019-09-09
Просмотров: 1127
Описание:
Johan Rademan stel Breyten Breytenbach voor by 'n skildery wat hy voor sy eerste solo-uitstalling in 1964 in Amsterdam gemaak het.
Luister Donderdag 12 September 2019 om 20:00 na Johan Rademan se dokumentêr, BREYTEN BREYTENBACH – ‘N ANDER SKAKERING.
Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, Johan Rademan ‘n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In ‘n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik ‘n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstenaarskap. Renaissance-kunstenaars het dikwels as filosowe, digters, beeldhouers, skilders en skrywers alle genres oorskry. Breytenbach is een van die enkele Suid-Afrikaners wat so ‘n Renaissance-kunstenaar is. Luister na die kunsinnige sagte Breyten en die geharde rebel en heethoof, saamgesmelt in een program wat toegelig word met vriende en kenners, wat die genres saam met hom verken het.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: