Eclair Tert Met Karamel
Автор: Affordable Eats
Загружено: 2025-11-15
Просмотров: 26556
Описание:
Eclair Tert Met Karamel - Geen-Bak Yskastert
Aweh, soettand-span! Maak reg vir 'n nagereg wat gewaarborg is om 'n treffer te wees en wat boonop nie jou sak sal skud nie! In hierdie episode van Bekostigbare Etes maak ek my Eclair Tert Met Karamel—en glo my, jy gaan vir seker twee stukkies wil inskep!
Hierdie groot tert is soveel goedkoper as om 'n klaargemaakte tert in die winkel te koop, en dis waarlik die beste manier om 'n lekkerte te geniet sonder om die bank te breek. Dit kombineer al die romerige, dekadente geure van 'n klassieke éclair, maar sonder die gesukkel van bak. Die beste van als? Vinnig, Maklik en Heerlik! 🤤
Of jy nou die perfekte nagereg soek vir 'n braai, 'n Sondagmiddagete, of net 'n bederf om weg te steek, hierdie Eclair Tert met Karamel is die antwoord. Dis waarlik die uiteindelike lekker yskastert!
Onthou om hierdie video te LIKE, SUBSCRIBE vir nog bekostigbare en lekker resepte, en laat weet my in die kommentaar of hy proe en wat sal jy graag wil he moet ek maak!!!😉
Resep:
1 - 2 pakkies Tennis-Beskuitjies
2 pakkies vanilla kitspoeding (Instant Pudding)
3 koppies koue melk
1 blik karamel kondensmelk
1 botteltjie room (250 ml)
1 teelepel vanielje geursel (opsioneel)
Sjokolade Bolaag;
1 koppie sjokoladeskyfies of 150 g donkersjokolade
1/2 koppie room
1 teelepel botter, as jy opregte baksjokolade gebruik
1 Flake sjokolade, bo-oor sprinkel (opsioneel)
Metode:
Maak die Vulsel;
Klits die vanilla kitspoeding met die koue melk tot dik. Klits die karamel kondensmelk by totdat dit glad en romerig is. Klits die room apart en kan die vanielje geursel byvoeg. Vou die styfgeklitste room liggies in vir 'n fluffy vulsel.
Pak die tert;
Pak 'n laag Tennis-Beskuitjies onder in 'n tertbak. Skep die helfte van jou karamel-eclair vulsel bo-oor en maak gelyk. Pak nog 'n laag Tennis-Beskuitjies. Skep die res van die vulsel bo-op en maak gelyk.
Maak die Sjokolade bolaag;
Verhit die room tot warm. Ek plaas myne vir so 1 minuut in die mikrogolfoond. Gooi die sjokolade by en roer tot alles gesmelt het. Meng die botter in vir 'n blink, sagte bolaag. Jy kan minder room gebruik as jy hom dikker soek. Giet oor die tert en smeer egalig. Sprinkel Flake Sjokolade bo-oor indien verkies. Laat die tert minstens 4 ure staan in die yskas. Verkieslik oornag. Die beskuijies word sag soos klassieke eclairs - smelt-in-die-mond!
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: