Die Sagste Suurlemoen Vla Koek Resep OOIT! (Met Suurlemoenstropie & Klapper)
Автор: Affordable Eats
Загружено: 2025-12-03
Просмотров: 2098
Описание:
🍋 Suurlemoen Vla Koek
Hallo almal en welkom terug op my kanaal!
Vandag bak ons 'n absolute wenner: my super sagte en heerlike Suurlemoen Vla Koek. As jy hou van 'n vogtige koek met 'n vars, sitrus-skop, is hierdie resep vir jou!
Die geheim lê in die fluweelsagte lemoen vla wat tussen die lae ingaan – dit smelt letterlik in jou mond. Die koek word dan deurtrek met 'n geurige, tuisgemaakte suurlemoenstroop wat dit ongelooflik klam hou. Ons rond dit af met 'n tekstuur-ryk bolaag van klapper vir daardie perfekte, tropiese afwerking.
Hierdie koek is ideaal vir enige geleentheid – van teetyd tot 'n spesiale Sondag-bederf. Kyk hoe ek jou stap-vir-stap deur die proses neem om hierdie maklike, dog indrukwekkende, koek te bak!
Moenie vergeet om in te teken vir meer lekker Suid-Afrikaanse resepte nie!
Resep: Hierdie is 'n dubbel beslag so jy kan hom halveer ook.
Koek:
Droe Bestandele:
4 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier, bietjie opgehoop
1 teelepel koeksoda, nie opgehoop
1 teelepel sout
2 x 3/4 koppies suiker
Nat Bestandele:
4 groot eiers
1 koppie olie
2 koppies melk
4 eetlepels suurlemoensap of vars
2 teelepels vanielje geursel
1 koppie kookwater (laaste in - dit maak die koek baie sag)
Verhit die oond op 180 grade. Spuit 2 ronde panne met kossproei. Meng al die droe bestandele in 'n groot mengbak. Klits die nat bestandele (sonder die kookwater) saam. Voeg dan die nat bestandele by die droe bestandele. Klits goed en skrap die kante af. Gooi die 1 koppie kookwater by en klits stadig in. Verdeel in die panne en bak 25 - 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Laat hom heeltemal afkoel voordat jy die vulsel oorsmeer. Sny die koeke in die helfte. Eerste laag bedek met die helfte van die suurlemoenstropie. Die 2 de laag smeer suurlemoenvla oor. Die 3 de laag bedek met die res van van suurlemoenstropie en die 4 de koek draai hom om en dan kan jy hom bo net smeer met die suurlemoenvla of reg rondom maar nie duk aan kante. Sprinkel klapper, oor jy kan dit rooster ook. Plaas hom in yskas om af te koel. Geniet hom.
Suurlemoen Vla Vulsel (Dik & Romerig)
4 koppies melk
1 koppie suiker
3 opgehoopte eetlepels mielieblom (maizena)
3 opgehoopte eetlepels vlapoeier
2 eiers
knypie sout
4 eetlepels margarien of botter
4 - 5 eetlepels suurlemoensap of vars
2 teelepels suurlemoen & lemmetjie, skil gerasper
Metode;
Gooi 2 koppies melk in kastrol. Gooi dan die ander 2 koppies melk in 'n maatbeker. Gooi die mielieblom en vla poeier by en klits goed deur. Voeg dan 'n knypie sout by, eiers en suiker en klits weer. Voeg die vlamengsel by die koue melk en roer aanhoudend met 'n draadklitser tot dit kook. Haal van die plaat af. Voeg die margarien by en klits goed. Voeg dan die suurlemoensap by en die suurlemoenskil mengsel en klits. Gooi vulsel in 'n ander bakkie en bedek met kleefwerende plastiek en plaas in yskas tot yskoud.
Suurlemoen Stropie:
2 eetlepels suurlemoenskil mengsel
1/2 koppie suiker
1/2 koppie suurlemoensap of vars
Gooi alles in 'n kastrol en roer net in begin. Los tot hy kook en haal van plaat af. Gooi oor in 'n ander houer en plaas in vrieskas laat hy sommer gou yskoud word.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: