S1, EP15 - Skoonouers, gesonde kommunikasie & grense🏆 Rachelle Fourie saam Pickard & Nadia Henn
Автор: myhartklopso_podcast
Загружено: 2025-08-30
Просмотров: 3999
Описание:
Ons sê weer hallo vir Pickard en dié keer sluit sy pragtige vrou, Nadia, by ons aan! ✨
Nadia is ’n vrou vol wysheid, genade en diepe oorgawe aan Jesus. Sy werk in HR, ondersteun haar man in bediening, doen profetiese kuns en is binnekort ’n mamma! Haar hart brand vir geregtigheid en vir God se wil.
Ons gesels eerlik oor Genesis 2:24 en wat dit prakties beteken om jou ouers “te verlaat” en jou maat aan te kleef; gesonde, liefdevolle maniere om grense te stel (sonder harde harte); hoe om feesdae en vakansies regverdig te balanseer; hoe emosionele gesondheid en veiligheid in jou huwelik lyk; en natuurlik… hoe ’n mens ’n “mamma’s boy” of ’n aanhoudende skoonma hanteer. 🙈
Hierdie episode is vir jou as jy verlang na balans, vrede en volwassenheid in verhoudings met skoonfamilie - én as jy jou huwelik wil versterk op God se manier. 🌸
Hoofstukke :
0:00 - 01:06 = Ontmoet vir Nadia & Pickard Henn.
01:06 - 4:02 = Hoe klop Nadia & hulle as getroudes se hart?
4:02 - 08:37 = Hoe lyk dit wanneer ’n mens trou, jou vader en moeder verlaat en aan jou lewensmaat kleef?
08:37 - 11:34 = Hoekom ervaar sommige mans skuld gevoelens om totsiens te sê vir hulle ouer huis en 'n lewe apart saam vrou te bou?
11:34 - 17:18 = Waar trek mens die lyn as daar eenheid is in huwelik en ouers of skoonouers wil opinie lewer oor die huwelik?
17:18 - 19:47 = Wat hou mens sacred in die huwelik wat nie hoef bespreek te word met ouers of skoonouers nie?
19:47 - 23:00 = Het dit al ooit gevoel dat ouers in julle huwelik in meng?
23:00 - 26:54 = Wat as 'n vrou en man nie vrymoedigheid het om 'n probleem van skoonouers te bespreek met mekaar nie?
26:54 - 36:14 = Hoe lyk 'n gesonde & veilige verhouding om in te wees?
36:14 - 37:29 = Watse punt laat mens besluit om grens te stel met ouers of skoonouers?
37:29 - 46:16 = Wat word gedoen as daar met liefde en respek grense gestel was maar die skoonouers of ouers vat dit nie goed op nie?
46:16 - 55:05 = Hoe word besluite gemaak rondom vakansie dae saam die 2 verskillende families?
55:05 - 59:20 = Eer jou ouers se die woord maar hoe kan dinge werk met huwelik? Word daar gebid oor die verskillende twee families?
59:20 - 01:03:50 = Hoe lyk 'n gesonde verhouding tussen ma en seun?
01:03:50 - 01:11:43 = Hoe vergewe mens 'n skoon ouer ?
01:11:43 - 01:12:02 = Sê totsiens!
#Huwelik #Skoonma #Grense #ChristelikePodcast #myhartklopso #myhartklopsopodcast #klopklop #sondag #podcast #potgooi #rachellefouriepodcast #rachellepodcast #afrikaansepodcast #trending #life #motivation #lifestyle #amazing
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: