Francois van Heyningen - Ruiter in die nag
Автор: keurspel se Afrikaanse- & Boeremusiek
Загружено: 2020-03-12
Просмотров: 735
Описание:
Francois van Heyningen is op 23 Mei 1935 op Theunissen in die Vrystaat gebore, en het sy skoolloopbaan op Bultfontein voltooi. Hy het reeds op skool sanglesse begin neem, en het na skool verdere lesse by prof PJ Lemmer in Bloemfontein, asook by Gregorio Fiasconaro in Kaapstad gekry. Nadat hy vir ‘n versekerings- asook vir ‘n oliemaatskappy gewerk het, het hy in 1958 by die Afrikaanse diens van die SAUK in Kaapstad aangesluit as omroeper, hoewel hy in later jare by bykans al die dienste betrokke was.
In 1969 het hy die SAUK verlaat om sy sangloopbaan te bevorder, maar het in 1979 teruggekeer en het bekend geword vir die rolle wat hy in verskeie vervolgverhale vertolk het, onder andere Die Banneling, Ongewenste Vreemdeling, My Liedjie Van Verlange en Uurglas. Hy het ook ‘n groot aantal van die episodes vir hierdie vervolgverhale self geskryf.
In 1968 het hy sy buiging gemaak as rolprentakteur in Dr Kalie, en het daarna ook rolle vertolk in Sien Jou Môre en Z.E.B.R.A., asook die hoofrol in Die Banneling in 1971. Hy het sy eerste album in 1968 uitgereik met die titel Sag Ruis Die Windjie, en het in dieselfde jaar gereeld saam met Lucille Ackerman begin sing nadat hulle deur Groep Twee aan mekaar voorgestel is. Francois en Lucille het ‘n hele aantal albums uitgereik en het gereeld konsert toere deur Suid-Afrika onderneem, asook ‘n uitgebreide toer deur Europa. Hulle is in 1978 getroud.
Francois is op 14 Oktober 2015 in die ouderdom van 80 oorlede.
Hierdie liedjie is in 1968 op solus sewe uitgereik as die B-kant van "O my vaal Karoo".
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: