7. Die hoogste lojaliteit | Geloofslesse Uit Josua Se Lewe
Автор: Homebase TV - Afrikaans
Загружено: 2025-11-14
Просмотров: 175
Описание:
Die Woord in Diepte met Andre en Rebecca Joubert
“Hierdie week bekyk ons ’n aantal deurslaggewende oomblikke tydens Israel se verblyf in die Beloofde Land; toe die volk, selfs te midde van dreigende gevaar, hulself opnuut aan die Here gewy het. Josua neem ’n aantal oënskynlik onlogiese besluite: om die Israeliete in vyandige gebied te laat besny (Jos. 5:1-9), om te midde van dreigende gevaar die Pasga te vier (verse 10-12), om ’n altaar te bou en die Here te aanbid terwyl die verowering van Kanaän in volle swang was (hfst. 8:30-35), en om die tabernakeltent van die Here op te slaan en dit terwyl sewe van Israel se stamme nog nie hul grondgebied ontvang het nie (hfst. 18:1 en 2).
Ons lei gejaagde lewens. Al wat gewoonlik aandag kry, is die dringende. Die inruim van tyd vir die hernuwing van ons verbintenis tot God, dié word dikwels versuim. Ons moet egter tot stilstand kom, ons dankbaarheid aan die Here toon, let op die dinge wat Hy reeds vir ons gedoen het en steeds daagliks vir ons doen. Die stiltetyd wat ons soggens en saans hou, asook ons gesamentlike gesinsgodsdiens, blyk heeltemal uit pas met ons oorlaaide, gerief-aangedrewe en prestasie-gerigte lewens te wees. In ons diepste wese weet ons egter dat daardie tye wat ons saam met God en ons geliefdes deurbring, die beste belegging in hierdie mallemeulebestaan is.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: