11. Die lewe in die Beloofde Land | Geloofslesse Uit Josua Se Lewe
Автор: Homebase TV - Afrikaans
Загружено: 2025-12-12
Просмотров: 177
Описание:
Die Woord in Diepte met Andre en Rebecca Joubert
““’n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom” (Spreuke 15:1, OAB).
Om deel van ’n gemeenskap te wees, lei somtyds tot meningsverskille en spanning. Dit is veral die geval in ’n gemeenskap soos die kerk. Jy het mense van uiteenlopende agtergronde en sosiale kringe — en om alles te kroon, van kulture wat soms strydig is — wat ter wille van ’n gemeenskaplike strewe saam moet aanbid en werk!
Hierdie week bestudeer ons Josua 22. Ons kyk hoe ’n uitdagende probleem vanweë ’n reuse misverstand onder die Israeliete kop uitgesteek het. Aan die begin van die boek sê Josua party van die stamme aan om deur die Jordaan te trek en Kanaän te verower, terwyl [krygers] van die stamme oos van die Jordaanrivier ook hul volksgenote vergesel om die land in besit te neem (Jos. 1:12-18). Toe daardie taak uiteindelik volbring is, kon die stamme van die oostekant uiteindelik terugkeer. Hulle rig egter ’n altaar aan die westekant van die Jordaanrivier op, ’n kommerwekkende verwikkeling volgens die ander stamme van Israel wat reeds daar woon.
Waarom is dit so gevaarlik om oorhaastige gevolgtrekkings oor ander se gedrag te maak? Hoe kan ons eenheid in ons gemeentes aankweek en koester? Waarom is dit belangrik om die groter prentjie van ons roeping in Christus voor oë te hou, om ons nie met ander dinge op te hou nie? Hierdie is enkele van die dinge wat ons hierdie week gaan ondersoek.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: