GROOT Kombuis | Reinate van den Berg-Lord met 'n heerlike 'Bierbrood' | 11 Maart 2026
Автор: Die GROOT Ontbyt
Загружено: 2026-03-11
Просмотров: 134
Описание:
GROOT Kombuis | Reinate van den Berg-Lord met'n heerlike 'Bierbrood', 11 Maart 2026.
Bestanddele
350 g meel
3 teelepels bakpoeier
25 g suiker
Sout
Swartpeper
200 g cheddar kaas, gerasper
7 g vars grasuie, fyn gekap
7 g vars pietersielie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
330 ml bier van jou keuse
Metode
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan liggies met botter.
2. Sif die meel en bakpoeier saam in ’n groot mengbak. Voeg die suiker, sout en peper by en meng goed.
3. Voeg die gerasperde cheddar kaas, gekapte grasuie, pietersielie en knoffel by die droë bestanddele en meng totdat dit eweredig versprei is.
4. Giet die bier stadig by terwyl jy meng met ’n lepel of spatel totdat ’n dik beslag vorm. Moenie te veel meng nie.
5. Skep die mengsel in die voorbereide broodpan.
6. Bedek die broodpan met foelie en bak vir 40 minute.
7. Verwyder die foelie en bak vir nog 20 minute, of totdat die brood goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.
8. Haal uit die oond en laat die brood ongeveer 10 minute in die pan afkoel, en plaas dit dan op ’n afkoelrak.
9. Sny in skywe en bedien warm, verkieslik met botter.
#food
#recipe
#DieGROOTOntbyt
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: