O ek weet van die Godstad so heerlik
Автор: Izak Roodt
Загружено: 2025-10-04
Просмотров: 95
Описание:
Volg gerus die volgende skakel om na ‘n boodskap van ds Hennie Prinsloo te kyk wat handel oor die nuwe Jerusalem: • 20. Op. 21 en 22 - Die nuwe hemel, die nuw...
Openbaring 21 en 22 beskryf die ewige geluksalige toestand wat God vir sy kinders in die voleinding beplan. Dit sal ‘n volmaakte en perfekte ryk wees.
In Openbaring 21 lees ons van drie dinge wat God gaan nuut maak: “En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is”. (Op. 21:1-2).
ⴕⴕⴕⴕⴕⴕⴕ
O, ek weet van die Godstad, so heerlik,
Van die stad vir ons ewig' behoud;
Ja, ek weet van sy mure van jaspis
En sy strate van suiwerste goud,
Waar die lewensboom groei in sy midde
En waar bronne van heilswater wel;
Maar die helft' van sy skoonheid en luister
Is nog nooit aan die sterfling vertel.
Die helft' is nimmer vertel,
Die helft' is nimmer vertel,
Die helft' van sy skoonheid en luister
Is nog nooit aan die sterfling vertel.
O, ek weet van die heerlikste woning,
Vir ons daar deur die Heiland berei,
Waar die vromes, wat hier Hom vertrou het,
Van hul arbeid en stryd rus verkry,
Deur geen sonde, geen moeite of sorge,
Geen versoeking of droefheid gekwel;
Maar die helft' van die vreugde daarbowe
Is nog nooit aan die sterfling vertel.
Die helft' is nimmer vertel,
Die helft' is nimmer vertel,
Die helft' van sy skoonheid en luister
Is nog nooit aan die sterfling vertel.
O, ek weet van die vleklose kleding,
En die heerlike krone van goud;
Van die harpe en jub'lende kore
In die oord van ons heil en behoud;
Van die bron, vir die saalges geopen,
Tot verkwikking en laafnis bestel;
Maar die helft' van die skoonheid en vreugde
Is nog nooit aan die sterfling vertel.
Die helft' is nimmer vertel,
Die helft' is nimmer vertel,
Die helft' van sy skoonheid en luister
Is nog nooit aan die sterfling vertel.
ⴕⴕⴕⴕⴕⴕⴕ
#dsHenniePrinsloo
#dienuweJerusalem
#Openbaring
#HL340
ⴕⴕⴕⴕⴕⴕⴕ
Vir meer video's, sien my lys van video's
"Loof die Here-01" :
• Loof die Here-01
"Loof die Here-02" :
• Loof die Here-02
"Loof die Here-03" :
• Loof die Here-03
en "Kerssangdiens 2024" :
• Плейлист
en "subscribe" gerus vir nuwe video's.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: