Gaan dit goed? 2 Konings 4 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning
Автор: Woorde uit sy Woning
Загружено: 2022-05-21
Просмотров: 1685
Описание:
En nou moet ons mooi oplet wat hierdie suster alles doen, want dis in die lewenskrisisse dat ons geloof, of ons ongeloof na vore kom. Ja, sy dra hierdie saak op aan die Here. Woordverkondiging: 2 Kon 4, ds Gustav Opperman, te GK Innesdal. @WoordeuitsyWoning
Hoe gaan dit ?
Dis iets wat ons elke dag hoor …
tot vervelens toe.
Hoe gaan dit ?
Dis iets wat ons sê
om 'n gesprek aan te gang te kry.
Dit word in die meerderheid van gevalle onnadenkend gevra …
sonder werklike belangstelling.
En dit word in die meerderheid gevalle onnadenkend geantwoord …
sonder eerlikheid.
"Nee, dit gaan goed."
"Ons mag nie kla nie."
"Goed en met jou ?"
Die outomatiese vraag …
met die ewe outomatiese antwoord .
of moet ons liewer sê:
die outomatiese vraag
met die ewe outomatiese leuen as antwoord.
Daar is min wat hierdie vraag werklik eerlik antwoord.
Ek sê dit gaan goed,
maar ek is so gefrustreerd ek kan teen die muur uitklim .
Dit gaan goed, maar ek is so siek soos 'n hond.
Dit gaan goed, maar my hart lê in stukke.
Dit gaan goed, maar my man of vrou lê op ‘n ventilator ...
Bron: 2 Konings 4
Gaan dit goed?
Ds Gustav Opperman
Opnamedatum: 2022 04 03
Kontakbesonderhede:
Webblad: woordeuitsywoning.com
Ds Gustav Opperman +27 083 503 4886
en Ina Opperman +27 83 650 2186
[email protected]
Woorde uit sy Woning bedien Afrikaans sprekendes wêreldwyd met preke, Bybelstudies, inspirerende weekstukkies en geskiedenis videos. Daarmee wil ons troos, bemoedig, waarsku en leer. Gustav en Ina Opperman het jare lange ondervinding in die televisiebedryf en was ook die pastoriepaar in verskeie gereformeerde gemeentes.
Volg ons op ons webblad: https://www.woordeuitsywoning.com/ Daar is bykans 730 video’s maklik vindbaar.
Volg ons ook op YouTube en Faceboek. U kan ook deel word van ons @WoordeuitsyWoning groep op WhatsApp of/en Telegram.
1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf [email protected]
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ... Die volledige DVD kan bestel word by [email protected].
2) Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: Skryf in op ons nuusbrief by [email protected] (Ons het ongelukkig nie transkripsies van Bybelstudies en Dagstukkies nie.)
3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik vir dowes en anderstaliges.
4) Ons Bybelstudie- en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.
5) Epos u vrae oor enige ander geloofsake. Kontak ons: [email protected]
Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op [email protected] Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: [email protected] Ons sal u graag wil bedank.
• Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Dit werk steurend in op die aard van ons video's. Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons kry ook geen aandeel in die vergoeding. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang:
• YouTube’s right to monetize: YouTube has the right to monetize all content on the platform and ads may appear on videos from channels not in the YouTube Partner Program.
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za [email protected]
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music:
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
Opus One
Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/...
Artist: http://audionautix.com/
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: