Janus Venter se nuwe hoofstuk by die Arende
Автор: Group Editors
Загружено: 2025-12-12
Просмотров: 368
Описание:
Vandag kuier nog ’n nuwe aanwins van die SWD Arende, Janus Venter (26), by ons in die ateljee.
Janus vertel waar sy rugbyreis begin het, hoe dit is om onder Heyneke Meyer afrigting te kry, en wat die Arende-gemeenskap hierdie seisoen kan verwag. Sy rugbyreis het lank gelede in Oos-Gauteng begin en hy het al op 12-jarige ouderdom sy provinsie verteenwoordig. Hy het later groot indruk gemaak in skole- en junior provinsiale toernooie soos die o. 13 Cravenweek, o. 16 Grant Khomo-week en o. 18 Akademieweek. Ten spyte van ’n besering in sy matriekjaar, het Janus ’n junior kontrak en beurs van die Vrystaat Cheetahs ontvang en sy senior debuut op net 19 jaar gemaak.
Hy het selfs internasionale ervaring opgedoen by die Chicago Hounds in Amerika, en nou bring hy sy krag en ervaring na die Arende.
#JanusVenter #InDieSkrum #SWDArende #RugbyStories #RugbyTalent #ArendeRugby #LocalRugby #GroupEditors
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: