Kombuis - Sjef Suzanne Crozier - Amper-te-laat Vrugtekoek - 22 Nov 2017
Автор: Die GROOT Ontbyt
Загружено: 2017-11-23
Просмотров: 2578
Описание:
Amper-te-laat-Vrugtekoek Suzanne Crozier
As jy nou eers begin vrugtekoeke bak vir die seisoen is jy amper te laat
Bak die vinnige vrugtekoek om met die familie te deel oor die feestyd.
BESTANDDELE:
800 g Gemengde koekvrugte
100 g Geglaseerde rooi kersies
100 g Geglaseerde groen kersies
30 ml Suurlemoensap
350 ml Vrugtesap
120 ml Sterk rooibostee
500 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
2,5 ml Sout
VOORBEREI VAN PANNE:
1. Voer koekpan uit met bakpapier, langs die kante en op die bodem.
2. Sny koerantepapier in stroke, sodat dit om die koekpan sal pas. Bind omtrent 4 lae om pan vas met toutjie.
3. Sit nog 4 lae koerantpapier op bakplaat en plaas koekpanne daarop
4. Verhit oond na 140°C
MENG METODE :
1. Sny kersies in kwarte.
2. Meng vrugte, en al die vloeistof in groot mengbak. Laat oornag so staan.
3. Sif droë bestandele saam
4. Vou by vrugte mengsel in.
5. Gooi in koekpanne en bak vir 2 ure of tot toetspen skoon uitkom
6. Laat afkoel en bedruip brandewyn of sjerrie elke 2 weke.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: