Sarie Marais (met 2de Vryheidsoorlog foto's / with ABWII pictures) - Kenneth McKellar
Автор: Peninhand Historia
Загружено: 2021-06-07
Просмотров: 68616
Описание:
Susara Margaretha (Sarie) Maré is die vrou oor wie dié volksliedjie “Sarie Marais” handel.
Sy was die oudste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus en is op 15 April 1869 op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, Tvl., gebore. Jacob Maré was later lid van die uitvoerende raad van Transvaal. Jacob Maréstraat in Pretoria is na hom genoem.
Sarie Maré se ouers was Voortrekkers en het in die omgewing van die Suikerbosrand gaan woon voor die dorp Heidelberg gestig is. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is. Suikerbosrand was in die wyk Mooirivier (een van die vyf wyke destyds in Transvaal) geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.
Sarie het Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van Di Patriot van die Paarl, ontmoet toe sy 15 of 16 jaar oud was. Hulle is op 19 Desember 1884 getroud en het op Potchefstroom gaan woon. Hy was destyds in Pretoria om 'n onderhoud met haar vader te voer. Hy het onder die skuilnaam Jepete in Ons Kleintji geskryf in sy hoedanigheid as subredakteur van Di Patriot.
Toerien het later by Amerikaners wat in Transvaal se myne gewerk het die liedjie "Sweet Ellie Rhee" gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorlog het Jepete die woorde vertaal en so sy vrou, Sarie Maré, verewig. Haar van, “Maré”, het weens 'n drukfout “Marais” geword.
Teks: (a) J.P. Toerien, (b) Dirk van Alphen, (c) Susters Bezuidenhout, (d) B.A. De Wet (vers 3)
Verwerking: Dirkie De Villiers
In hierdie weergawe van Kenneth McKellar is verse 3 en 4 ongelukkig omgeruil, maar dit was die beste weergawe wat (a) al vier verse bevat, (b) redelike klank kwaliteit het en (c) die sanger nie té veel van ‘n Engelse aksent het nie, soos wat dit is met heelwat van die ander weergawes wat op sosiale media ronddryf.
Sarie Marais
My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar’k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Die Kakies is mos net soos 'n krokodille-pes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hulle gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange “trip”,
die josie weet waarnatoe.
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
terug na die ou Transvaal;
my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
om my met 'n kus te beloon.
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
Wikipedia English translation:
My Sarie Marais is so far from my heart
But I hope to see her again.
She lived in the Mooi River neighborhood,
Yet before the war had begun.
(Chorus):
Oh bring me back to the old Transvaal,
Where my Sarie lives.
Down in the corn, by the green thorn tree,
There lives my Sarie Marais,
Down in the corn at the green thorn tree
There lives my Sarie Marais.
I was so scared that the Khakis would catch me
And send far across the sea;
Then I fled to the side of the Upington sand
Down along the Great river.
Chorus
The Khakis are just like a crocodile, a pest,
They always drag you to water;
They throw you on a ship for a long, long trip,
Who knows where to.
Chorus
Liberation came and the return home was there,
Back to the old Transvaal;
My darling will surely be there too
To reward me with a kiss.
Chorus
#SarieMarais
#KennethMcKellar
#BoerWar
#Vryheidsoorlog
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: