Afrikaans is ons Taal
Автор: Pistons
Загружено: 2025-12-15
Просмотров: 284
Описание:
🎵 Titel:
Afrikaans is ons Taal
🎙️ Oor die Lied:
Hierdie lied is gebaseer op my oorspronklike Afrikaanse gedig, “Afrikaans is ons Taal”.
Met behulp van AI-musiektegnologie het ek my eie woorde omskep in ’n nuwe Afrikaanse liedjie wat emosie, storie en klank saambring.
📝 Lirieke :
Afrikaans is ons taal.
(Afrikaans is ons taal.)
Gooi weg die ankers van die verlede,
wat ons so vas aan kleef.
Dis tyd vir die toekoms om ons taal,
Afrikaans te laat herleef.
Bring my daai beitel laat ek hom tik,
sodat hy klink.
Sodat my taal tussen die sterre loop,
en geensins 'n einde vind.
Afrikaans, ons stem, ons taal,
geslyp in vuur, gebore kaal.
Geen vrees, geen leuen hou ons vas,
ons praat jou vry, jy is nommer pas.
Weg met al die vyand se liede,
wat ons probeer bang praat.
Want dit kom uit leë rooi blikke,
en kan net 'n ou geraas maak.
Die waarheid is ons swaard,
wat leuens uitmekaar uit werp.
Met die waarheid in jou mond,
maak jy jou wysheid vlym-skerp.
Afrikaans, ons stem, ons taal,
geslyp in vuur, gebore kaal.
Geen vrees, geen leuen hou ons vas,
ons praat jou vry, jy is nommer pas.
Geen leuen kan dit verdra.
Die waarheid maak hom seer.
Afrikaans is ons eie moedertaal.
Ons sal hom praat keer op keer.
Dis die jongste taal in die wêreld die.
Hierdie jaar net een eeu oud.
Sy smeebaarheid het geen eweknie.
Sy waarde baie meer as goud.
Afrikaans, ons stem, ons taal,
geslyp in vuur, gebore kaal.
Geen vrees, geen leuen hou ons vas,
ons praat jou vry jy is nommer pas.
Afrika is in sy naam.
Geen ander taal kan dit tog sê.
Vir Afrikaans het ons geen skaam.
Al wil die ander dit so graag hê.
In Wiskunde en Wetenskap
tot op hoë vlak is hy geslyp.
Geen ander taal in Afrika
is met hom hier gelyk.
Afrikaans, ons stem, ons taal,
geslyp in vuur, gebore kaal.
Geen vrees, geen leuen hou ons vas,
ons praat jou vry, jy is nommer pas.
[x2]
Hul probeer Afrikaans verwoed uitwis,
alles sonder verhoor.
Maar solank ons almal aanhou skryf,
sal hulle ook hierdie geveg verloor.
🔥 Wat om te weet:
– Oorspronklike Afrikaanse lirieke
– Geskryf as ’n persoonlike gedig
– AI-gegenereerde musiek en vokale
– Unieke kombinasie van poësie en musiek
📚 Oor My:
Ek is Pistons, skepper van oorspronklike Afrikaanse gedigte en AI-geïnspireerde musiek.
Elke lied kom direk uit my eie stories, ervarings en poësie.
📢 Ondersteun die kanaal:
As jy van hierdie lied hou, LIKE 👍, KOMMENTAAR 💬 en SUBSCRIBE 🔔 vir meer Afrikaanse AI-musiek en oorspronklike gedigte wat omskep word in liedjies.
Kyk die Afrikaanse AI Playlist hier: • Welkom in Boksburg
#️⃣ Tags / Soekterme:
#AfrikaanseMusiek #AIMusic #AfrikaansPoetry #aimusic #lyricvideo
#poetry #originallyrics #pistonssa #AfrikaansAI
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: