Kleure vir Kleuters
Автор: Lami Leer en Speel Videos
Загружено: 2021-12-15
Просмотров: 57734
Описание:
Kleure Lami leer en speel
Blou rooi groen en geel
Watter kleur gaan ons verf
Pienk oranje swart of pers
Blou pou hou van jou
Vlooi is getooi in rooi
Groen skoen soen perlemoen
Geel beer deel en speel
Lienkie het 'n pienk flaminkie
Oranje kepanje karikstieks panja
Weet jy wat? Groot swart kat
Gert verf die erf pers
--
Meer oor Lami Leer en Speel Videos
Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
https://ko-fi.com/koffievirlami
Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
#afrikaans #kinders #opvoedkundig en opbouend
#stories, #liedjies en #rympies
Hier gaan jou #kleuter leer van #kleure, #vorms en die #alfabet en ook bemoedig word.
100% GRATIS vir almal.
Ek is so bly jy is hier en ek is opgewonde om hierdie pad saam met jou te stap.
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Kontak ons gerus by: [email protected]
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse YouTube mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: