Profesieë, sieners, atoombomme en Jumping Beans
Автор: Nadia Bet-Seber House of Hope
Загружено: 2017-10-03
Просмотров: 15
Описание:
Ek het hierdie twee radikale getuienisse wat ek ook wil deel. Ek is nou besig met ‘n studie oor die mense in die Bybel, ek stuur dit 3keer ‘n week uit op ‘n Broadcast lysie, indien jy dit ook wil ontvang los net ‘n kommentaar hieronder dan heg ek jou op die lysie. Maar met die studie is daar soveel verwysings na sieners/profete/mense van God wat na ander mense toe gaan en vir hulle advies en bemoediging gee, nou tot en met twee maande terug was dit nog vir my ‘n vreemde konsep – ek moet belei ek het dit nog nie so intens ervaar nie, soos nou onlangs nie. So met my studie het ek daarvoor gebid dat ek ook eerstens so ‘n persoon vir iemand anders kan wees, soos om te sê soos Samuel – hier is ek Here, gebruik my; maar ook verder dat ek ook sulke mense sal ontvang wat na my toe kom.
Hier is ‘n paar voorbeelde van sieners/profete in die Bybel:
Debora gaan na Barak toe in Rig 4 om te sê Barak moet gaan veg teen die koning van Kanaan.
1Sa 23:9 Dawid gaan na Abjatar (die apprentice priester) om te vra wat hy (Dawid) moet doen omdat Saul hom vervolg – wat as ons ook so na ‘n Abjatar toe kan gaan om raad te vra oor ons vyande?
Koning Asa en Asarja – Asarja is soos die liedjie van Jo Black die hoop bringer, om die hoop weer terug te bring vir Koning Asa.
En daar is nog ‘n lang reeks van ander voorbeelde – maar ek wil dit ook hê. En dis die verhaal van hoe ek nou onlangs twee groot profesieë gehad het wat oor my uitgespreek het, en ek is in ekstase daaroor. So hierdie is ‘n bietjie kom ons brag oor God.
Die eerste een was met ‘n radio onderhoud wat ek gehad het, en toe vertel die omroeper vir my sy het ‘n visie gehad oor my – dat ek is soos ‘n boks in ‘n groot leë skuur, in ‘n donker skuur, maar soos die boks oopgemaak word stroom daar net seëninge uit die boks en vul die hele skuur, en soos die boks oopgemaak word skyn daar ook ‘n lig op die boks. Hoe radikaal is dit? Dalk is dit die Youtube videos? Dalk is dit Bet-Seber huis van hoop vir emosionele genesing vir vrouens, maar watter ookal platform God gaan gebruik vir die boks van liefde en blydskap, hier is ek, gebruik my.
Die tweede profesie was by Deo Gloria kerk in Proesstraat in Pretoria, waar die Profeet Oomie na my toe gestap het om oor my te profeteer. Dit was radikaal, en God praat in billboards. Eerstens het ek voor die profesie die voorbeeld van ‘n atoombom gebruik in een van my videos, om te sê wat as ons God se krag so radikaal kan sien en kan ervaar in ons lewens as ‘n atoombom? En dis dieselfde voorbeeld wat die Profeet Oomie gebruik het met my eerste deel van die profesie, dat die impak wat ek gaan hê in die wêreld is soos ‘n atoombom, dat dit is tweedelig, dat eerstens gaan die ontploffing daar was, maar dat daar gaan ‘n langtermyn radio-aktiewe golwe impak hê in die mense se gedagtes, hulle gewetens, hulle harte – hoe radikaal is dit?
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: