BOU ‘N ALTAAR MET SEWE HANDE - 15 FEBRUARIE 2026
Автор: LewenSentrum
Загружено: 2026-02-14
Просмотров: 3034
Описание:
DATUM: 15 FEBRUARIE 2026 (OGGEND)
PREDIKER: ANDRIES ENSLIN
TEMA: BOU ‘N ALTAAR MET SEWE HANDE
REEKS: HOE BOU JY ‘N ALTAAR?
SKRIF: 2 PETRUS 1:3-5a (DB)
JY BOU ‘N ALTAAR MET SEWE HANDE
Esegiël 43:13 (CAB23) En dit is die afmetings van die altaar volgens die el: 'n el is 'n el en 'n handbreedte; die onderkant moet 'n el wees, en die breedte 'n el, en sy rand aan sy rand rondom 'n span; en dit moet die boonste plek van die altaar wees.
JY IS VERANTWOORDELIK VIR DIE EERSTE SES HANDE
H – Have a BBB dream Dream big
A – Act in small steps Take small steps
N – Nurture daily disciplines Daily
D – Develop in all seven dimensions Grow in your whole life
O – Okay with the tensions of life Be okay with tension
F – Fortify your character Never skip leg day
GOD – JESUS, Faith, Trust, Love Trust in God
NEEM VERANTWOORDELIKHEID
Filippense 2:12 (CAB23) Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was, nie soos in my teenwoordigheid alleen nie, maar nou veel meer in my afwesigheid, werk julle eie verlossing met vrees en bewing uit.
Hou op verskonings maak en hou op om ander te blameer vir jou lewe.
2 Petrus 1:3-5a (DB) Die Here se hemelse krag het alles vir ons gegee wat ons nodig het om elke dag reg te leef en in ’n persoonlike verhouding met Hom te staan. Ons ken God nou op ’n totaal nuwe manier. Hyself wat so vol heerlikheid en grootheid is, het ons elkeen geroep om in Hom te glo. Toe Hy dit gedoen het, het Hy boonop die wonderlikste en die grootste beloftes aan ons gegee. Sy doel met hierdie hemelse geskenke is om julle in staat te stel om nee te kan sê vir elke versoeking. Gee dadelik pad wanneer julle eie begeertes julle op sleeptou wil neem agter verkeerde dinge aan. Dan kry julle al hoe meer deel aan God se karakter. Moenie ’n enkele oomblik agteroor sit nie. Sorg dat julle geloof in Christus elke dag sterker word.
Jesaja 41:10 (NLV) “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.”
BID VIR ‘N DUIDELIKE BEELD VAN “GESEËND”
Eksodus 20:24 (NLV) “Die altare wat julle vir My bou, moet met grond gemaak word. Julle moet daarop brandoffers en dankoffers, kleinvee en beeste offer. Bou die altare op die plekke wat Ek vir julle uitwys. Ek sal daarnatoe kom en julle daar seën.”
Bybel, geseënd, wêreldsukses
Jeremia 29:11-14a (NLV) “Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: