Eregraad April 2014: Andreas van Wyk
Автор: Stellenbosch University
Загружено: 2014-04-26
Просмотров: 327
Описание:
DIE GRAAD DOKTOR IN DIE REGSGELEERDHEID
(LLD),
HONORIS CAUSA,
aan Andreas van Wyk
as vernuwende leier en briljante akademikus en regsgeleerde, vir sy
bydrae tot nasionale ontwikkeling, tot staatkundige hervorming en tot
die hoër onderwys, asook tot die bevordering van die universiteitsdorp
Stellenbosch en sy omgewing.
Andreas van Wyk was van 1966 tot 1991 (behalwe vir drie jaar) 'n
Stellenbosse regsdosent en dekaan, asook skrywer van 40 na -
vorsingsartikels en twee standaardhandboeke. Na sy amps ter myn
as Viserektor (Bedryf), is hy as Rektor en Visekanselier aangestel,
'n pos wat hy van 1993 tot 2001 beklee. In hierdie tyd voer hy
inisiatiewe deur wat die Universiteit Stellenbosch aan sienlik
versterk.
Onder hom is die posisionering van die Universiteit as
na vorsings instelling van internasionale gehalte verwesenlik. Hy het
vir Stellenbosch 'n leiersrol in Suid-Afrikaanse hoër onderwys
nagestreef.
Nasionaal het hy bygedra tot die modernisering van ons
familiereg deur sy leidende aandeel in die Wet op Egskeiding van
1979 en dié op Huweliksgoedere van 1984 en was hy 'n direksielid
en -voorsitter van verskeie groot maatskappye.
As Direkteur-Generaal van Staatkundige Ontwikkeling en
Beplanning in die 1980's kon hy hervormingstappe deur- of aan -
voer met die herroeping van apartheidswetgewing. Onder sy
leiding het die destydse regering die eerste keer kontak gemaak
met die United Democratic Front en die binnelandse vleuel van die
African National Congress. Hy was indirek betrokke by die onder -
handelingsproses tydens pres FW de Klerk se bewind.
Eerbewyse aan hom sluit in medaljes van die Universiteit
Leiden, Nederland, en die Alexander von Humboldt-stigting,
Duits land, asook 'n Belgiese eredoktorsgraad.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: