Funksies Parabool Graad10: Les7 Hoe om tabel met Sakrekenaar te maak
Автор: Online Maths by Miss Pythagoras
Загружено: 2024-11-28
Просмотров: 157
Описание:
Hier verduidelik juffrou Pythagoras graad 10 Funksies - Die Parabool of Kwadratiese funksie.
*In hierdie video verduidelik ek die volgende inhoud:* Hoe om 'n tabel met jou Sakrekenaar te maak.
In hierdie Playlist van 7 videos, verduidelik ek al die belangrikste konsepte en metodes wat jou sal help met graad 10 Parabole in Wiskunde. Hou in gedagte, hierdie is een van die belangrikste hoofstukke van die graad 10 Wiskunde sillabus!
Die onderwerpe wat ek bespreek in hierdie video reeks is: -
-Hoe om 'n Parabool te skets
-Die invloed van 'a' en 'q' op die Parabool
-Hoe om die vergelyking van die Parabool te bereken
Teorie nl. Stygend en dalende funksie, Maksimum en minimum draaipunt, As van simmetrie, Definisie en Waardeversameling
-Grafiek Interpretasie of afleidings uit Grafieke
-Eksamen vraag oor Parabole
-Hoe om 'n tabel met jou sakrekenaar te maak
Ek veduidelik die voorbeelde stapsgewys sodat jy 'n idee kan kry oor hoe hierdie onderwerp in die eksamen gevra word, en ook om jou te help met jou eksamen voorbereiding.
Of jy nou vir 'n toets of eksamen voorberei of net jou Wiskunde kennis wil opskerp, hierdie is die perfekte hulpbron vir goeie, kwaliteit inligting vir Suid Afrikaanse Wiskunde studente. Hierdie videos kan ook met sukses gekyk word deur graad 11 en 12 Wiskunde studente wat wil hersiening doen oor graad 10 Funksies en meer spesifiek Parabool of die Kwadratiese funksie in Wiskunde vraestel 1.
Kyk asb al die videos in die Playlist sodat jy 'n holistiese prentjie kan vorm oor hierdie hoofstuk in Wiskunde. Onthou ook om te 'subscribe' vir meer opvoedkundige Wiskunde videos! Jy is ook welkom om kommentaar te lewer, of beter nog, vertel AL jou vriende van Online Maths by miss Pythagoras!
Daar is ook Playlists oor die volgende funksies:
-Reguitlyn of lineêre funksie
-Hiperbool
-Eksponensiële funksie
Playlist:
• Funksies Parabool Graad10
#wiskunde #wisk #graad10wiskunde #onlinemathsbymissp
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: