Heidelberg saal die regte perd op
Автор: Group Editors
Загружено: 2017-09-25
Просмотров: 998
Описание:
Die jaarlikse kommandorit op Heidelberg het amptelik Vrydag 22 September afgeskop toe daar oudergewoondte perde aangery, tente opgeslaan en om die kampvuur by die skouterrein se skaaphokke gekuier is.
Ongeveer 23 perde en hul ruiters, wat hoofsaaklik uit gesinne bestaan wat ‘n groot liefde vir perde koester, het Saterdag ‘n 10 km perderit aangepak.
Die roete het by die skouterrein begin, waar eers ‘n ruiker ter nagedagtenis aan die oorlede perdelegende van die dorp, Doors Kleynhans, op die paviljoen gesit is. Ruiters kon iets te drink en te ete by ‘n padstal net buite die dorp geniet en weer na die beginpunt terugkeer.
Hoewel met ‘n swaar gemoed afskeid geneem is, was daar ‘n huppel in elke perd se gallop, want die ruiters kan daarna uitsien om volgende jaar weer oor die klippe, deur die slote, versigtig te trap met hul perde se pote.
Lees meer by: http://bit.ly/2hvtoAM
Video: Aletta Sutherland, Suid-Kaap Forum
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: