In gesprek met Mike Bolhuis oor christenskap en die huidige stand van sake binne Suid Afrika
Автор: Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus
Загружено: 2025-11-29
Просмотров: 6
Описание:
Luister gerus na die woorde van Mike Bolhuis. As n broer in die Here Jesus Christus is hy glad nie skaam om sy siening van geloof in Christus Jesus met die publiek te deel nie. Ek het sy boodskap baie geniet, maar ek stem ongelukkig nie 100 % saam met hom nie. Die Heilige Gees het dit op my hart gelê om die valsheid – die dwaalleer – die halwe waarheid wat verkondig word aan die publiek te openbaar. Ek deel my bydra in die laaste gedeelte van die video. Ek doen dit glad nie om Mike Bolhuis enigsins te diskrediteer of te verneder nie, nee, maar die volle waarheid moet ten alle tye geopenbaar word. As ek nie praat nie is julle bloed op my hande.
Die bybel – die Tien Gebooie – Jesus Christus leer vir ons “Jy mag nie moord pleeg nie”. Wie gryp na die swaard sal val deur die swaard. Jy moet vleeslik en geestelik kan kyk na sonde – dit is waar lig en duisternis vandaan kom (Geestelik). Onthou, God is Gees – ons moet God in gees en in waarheid aanbid en dien (Johannes 4:23/24). Dit is baie duidelik aan Mike se opinie dat hy die diepere geestelike aspek van ons geloof glad nie verstaan nie. Jy kan nie vir mense opdrag gee om n ander te vermoor of dood te skiet nie – Jesus sou dit glad nie gedoen het nie. Dit maak jou dadelik aandadig aan daardie mense se sonde. Jy is indirek verantwoordelik vir n ander se val – jy is vir hom/haar n struikelblok en dit kan jou n plek in God se koninkryk kos (Matteus 13:40-43). Ons mense lewe of God en Sy bybel nie bestaan nie. Ons lewe of Jesus nie bestaan nie. Nêrens in die bybel sal jy lees dat Jesus iemand geslaan, vermoor of doodgeskiet het nie. Nie Hy of Sy dissipels het dit ooit gedoen nie. Hoekom nie? Want die ware vyand is in gees – nie in vlees nie (Efes. 6:12)(2 Kor. 10:3-5). Om die waarheid te sê het Jesus juis vir ons die volgende geleer: Hoe om op te tree as dit by jou vleeslike vyande kom hier buite:
“Ons moet ons vyande liefhê soos onsself – seen dié wat jou vervloek en bid vir dié wat jou vervolg” Oorwin die kwaad met die goeie – met die liefde. Moenie aan n ander mens doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Moenie kwaad vir kwaad vergeld nie – moenie reg in eie hande neem nie. As jou vyand honger is – gee hom iets om te eet. As jou vyand dors is – gee hom iets om te drink, want deur dit te doen maak jy hom vuurrooi van skaamte. Hoekom? Hoekom het die Here dit vir ons geleer? Want ons ware vyand is in gees - nie in vlees nie (Efes. 6:12)(2 Kor. 10:3-5).
Ons mense dien God met die mond maar ons harte is baie vêr van Hom af. Ons baklei totaal en al die verkeerde vyand. Ons baklei die mens – die skeppingswerke van God – ons baklei nie die ware vyand (satan en sy bose magte) tussen ons nie. Dit maak van ons dwase – kindertjies – babatjies in die geloof. Baie van ons drink nog melk in die geloof – hulle eet nie vleis nie. Daars absoluut geen geloof in ons doen en late nie. Ons is ons eie grootste vyande – ons luister na onsself, na ander, na satan maar definitief nie na die Stem van die Heilige Gees nie.
Kyk gerus na hierdié skrywes en videos wat God op my hart kom lê het om met julle te deel. Ek deel die facebook en youtube skakels of “links” na die betrokke leerstellings toe. Gaan pleeg dan verder moord of skiet mense dood as jy nie wil luister nie, maar dit wat jy doen doen jy op eie risiko. Ek was my hande in onskuld oor jou lewe. My werk is om te praat – of mense luister of nie. Ek praat omdat ek lief is vir jou – omdat elke siel vir ons God belangrik is. Streef daarna om die Here waardig te wees.
Geniet die leerstelling saam met my
Vriendelike groete
Coert Jordaan
Staan op vir Jesus – Stand up for Jesus
Shalom
Bykomende videos en skrywes:
JESUS HET DIE VREDE GEBRING – HY HET ENIGE VORM VAN OORLOG TUSSEN MEKAAR – TUSSEN VOLKE EN NASIES KOM STOP SIT (Skrywe)
/ 1fkxonhrcq
VLEESLIKE SWAARD OF GEESTELIKE SWAARD (Skrywe)
/ 17efufghd4
HANDE VOL BLOED (Skrywe)
/ 17ken58azq
GOD SE KONINKRYK HET ABSOLUUT NIKS MET MOORD OF MET BLOEDVERGIETING UIT TE WAAI NIE (Video)
/ 1amrttxvh4
• God se koninkryk het absoluut niks met moo...
MY RAAD AAN ALMAL WAT MOORD GEPLEEG HET (Video)
/ 17nmccmern
• My raad aan almal wat moord gepleeg het
GOD SE OPINIE EN LEERSTELLING OOR MOORD EN SELFVERDEDIGING (Video)
/ 1bjp4cwej1
• God se opinie en leerstelling oor moord en...
JESUS HET DIE VREDE GEBRING (Video)
/ 1cjrwcq5mm
• Jesus het die vrede gebring
BEWYSE IN GOD SE BYBEL DAT HY SELF OPTREE TEEN DIE VYAND (Video)
/ 1jehkvqlw8
• Bewyse in God se bybel dat Hy self optree ...
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: