HoëR MEISIESKOOL ORANJE - JUIG!
Автор: Jan Jordaan Media
Загружено: 2026-02-27
Просмотров: 65
Описание:
Sit terug, glimlag saam… en JUIG, want by Oranje is vreugde iets wat nie net beleef word nie, dit word uitgeleef.
Die temavideo “JUIG” van Oranje Meisieskool vier die skool se jaarfokus, geïnspireer deur Sefanja 3:17. ’n Herinnering dat God by sy kinders is, hulle beskerm en oor hulle juig met oorvloed vreugde.
Die agtergrondgedagte van die tema vorm die hartklop van die video:
Oranje juig oor haar unieke identiteit in God, oor susterskap, oor diepgewortelde tradisies en oor onderwysers wat opreg omgee. Sy juig oor elke meisie wat deur haar hekke stap, want Oranjeniete is eenders in hul strewe om vooruit te gaan, maar elkeen dra ’n uniekheid wat die skool laat skitter.
Hierdie produksie wys dat Oranje meer is as ’n skool, sy is ’n lewenswyse. Dit is die uitgestrekte hand aan ’n onsekere nuweling, die laatnaggeselsies in koshuiskamers, die drukkie ná ’n moeilike toets, die stemme wat jou naam skree vanaf die paviljoen. Dit is die wete dat jy nooit alleen is nie. By Oranje word jy opgevang deur jou sussies, en beskerm deur God se hand.
Die video stel ten toon hoe elke meisie se unieke storie deel word van ’n groter lied. Oranje is die musiek waarop haar leerders dans, 'n veilige vesting waar jy groei, waar jy sterker word, waar jy leer om te juig oor God se skepping, oor diversiteit, oor persoonlikhede, oor elke glimlag en oor elke uitdaging wat jou vorm.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: