ycliper

Популярное

Музыка Кино и Анимация Автомобили Животные Спорт Путешествия Игры Юмор

Интересные видео

2025 Сериалы Трейлеры Новости Как сделать Видеоуроки Diy своими руками

Топ запросов

смотреть а4 schoolboy runaway турецкий сериал смотреть мультфильмы эдисон
Скачать

Die FAK Liedjietuin word 10!

Автор: FAK DIGITAAL

Загружено: 2023-12-01

Просмотров: 1137

Описание: FAK Afrikaanse Liedjietuin word 10
“Liedjietuin, ek wens jou alles van die mooiste toe. Vir die toekoms - mag jy van krag tot krag net groei en mag jy op hierdie spesiale stuk grond elke jaar nog ’n klomp nuwe kunstenaars innooi. Ons is trots op jou.”
Dit was Rina Hugo se verjaardagboodskap aan die FAK Afrikaanse Liedjietuin vir sy tiende verjaardag. Hugo het die openingsfunksie van die Liedjietuin in 2013 bygewoon en haar lied “Ek sien vandag die son weer skyn” is in die tuin verewig.
Tien jaar gelede het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die eerste grond omgespit van die pragtige lushof wat vandag met trots bekend staan as die “Liedjietuin”. In die Jakarandastad, aan die voete van die Voortrekkermonument, blom hierdie roostuin elke jaar net mooier en mooier. ’n Buitelugmusiekmuseum waarin ons geliefde Afrikaanse kunstenaars verewig.
Die tuin spog vandag met 55 liedjieborde van bekende kunstenaars en liedjies wat in graniet verewig is. Daar is ook 200 unieke roosvariëteite, waarvan Hugo se roos ook in die tuin pryk. Dié rose is spesiaal deur Ludwig’s Roses gekweek. Twee van dié rose, gekweek op aanvraag van die FAK, is ook in die tuin. Die “Ons vir jou”-roos, gekweek met die 100-jaar viering van “Die Stem van Suid-Afrika” in 2018, en ook die “Afrikaans”-roos wat jaar na jaar pragtig blom.
In ’n spesiale funksie waar vriende en kollegas in die tuin bymekaargekom het, reis ons deur die afgelope tien jaar saam met dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK.
“In 2012 het ons besef dat daar geen monument was wat die musiek en musieklegendes vereer het vir die onsaglike bydra en diep spore wat hulle getrap het in ons kultuur nie. Die was toe nog ’n dor stuk grond waar rysmiere oral gevlieg het.
“As dit nie vir ons eie tannie Sarie Marais was nie, wat maande en maande se werk in die projek ingesit het nie, sou ons nie vandag in die uitmuntende lushof gesit het nie. Nog ‘n ystervrou in die projek is Samantha Müller, wat nadat die tuin in 2013 onthul is, dit werklik haar baba gemaak het,” sê Langner.
Bekende Afrikaanse kunstenaars het die Liedjietuin gelukgewens met dié prestasie. Hierdie kunstenaars het elkeen self al diep spore in die tuin getrap en is vandag so eie en deel van die atmosfeer van die roostuin. Boodskappe van liefde en geluk is deur Steve Hofmeyr, Rina Hugo, Mathys Roets, Carike Keuzenkamp en Jannie du Toit aan die tuin en die FAK gegee.
Een persoon wat ook ’n groot aandeel in dié tuin het, is Amon Mamafha wat daagliks die roostuin keurig en netjies versorg. Tydens die funksie is Mamafha vereer vir sy besondere bydrae tot die bewaring en uitbou van die Afrikaanse Liedjietuin vir die afgelope tien jaar.
Die aand is afgesluit met ons ou geliefde FAK-liedjies wat met ’n moderne skop deur die musiekgroep, Ouderdoos, gesing is.

Не удается загрузить Youtube-плеер. Проверьте блокировку Youtube в вашей сети.
Повторяем попытку...
Die FAK Liedjietuin word 10!

Поделиться в:

Доступные форматы для скачивания:

Скачать видео

  • Информация по загрузке:

Скачать аудио

Похожие видео

⚡️ Штурмовики прорвали границу || Военные заявляют о тяжёлых боях

⚡️ Штурмовики прорвали границу || Военные заявляют о тяжёлых боях

Krugermonument-onthulling in Orania deur dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK

Krugermonument-onthulling in Orania deur dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK

Wat gebeur by Die Bron? — 8 Maart

Wat gebeur by Die Bron? — 8 Maart

Кровь СЛАВЯН, имя ТЮРКОВ… Но ДНК болгар раскрыло ТРЕТЬЮ тайну, которую скрывали веками!

Кровь СЛАВЯН, имя ТЮРКОВ… Но ДНК болгар раскрыло ТРЕТЬЮ тайну, которую скрывали веками!

АУДИО. Как звучал древнерусский язык? • Подкаст Arzamas о русском языке • s01e01

АУДИО. Как звучал древнерусский язык? • Подкаст Arzamas о русском языке • s01e01

🇱🇹 Sveikinimas Lietuvai – Kovo 11-osios proga 💛💚❤️

🇱🇹 Sveikinimas Lietuvai – Kovo 11-osios proga 💛💚❤️

Voortrekkermonument Fasiliteite – FAK-Liedjietuin

Voortrekkermonument Fasiliteite – FAK-Liedjietuin

«Ждать 10 лет…» — что ответили пенсионерке в посольстве России в Риге

«Ждать 10 лет…» — что ответили пенсионерке в посольстве России в Риге

🏛️ ПОНТИЙСКИЕ ГРЕКИ: Спаслись от геноцида, выжили в ГУЛАГе — и стали чужими в Греции | История Понта

🏛️ ПОНТИЙСКИЕ ГРЕКИ: Спаслись от геноцида, выжили в ГУЛАГе — и стали чужими в Греции | История Понта

🔥 Никто не знает этого рецепта супа с фаршем! Это как лекарство для моего желудка.

🔥 Никто не знает этого рецепта супа с фаршем! Это как лекарство для моего желудка.

Akademia se eerstejaarskamp 2023

Akademia se eerstejaarskamp 2023

Эффект Джанибекова [Veritasium]

Эффект Джанибекова [Veritasium]

AFRIKAANS 100 KONSERT – ORANIA

AFRIKAANS 100 KONSERT – ORANIA

Игорь Нагаев. Зачем Европе Украина? Что вокруг Израиля?

Игорь Нагаев. Зачем Европе Украина? Что вокруг Израиля?

Древние Цивилизации Покоряли Космос Раньше Современных Технологий

Древние Цивилизации Покоряли Космос Раньше Современных Технологий

Как правильно ответить на

Как правильно ответить на "HOW ARE YOU?" | Американец ПО-РУССКИ Объясняет Нюансы Small Talk

Hoe bly jy 𝗗𝗔𝗡𝗞𝗕𝗔𝗔𝗥 in tye van swaarkry? | Lynette Beer | #MentorMaandag

Hoe bly jy 𝗗𝗔𝗡𝗞𝗕𝗔𝗔𝗥 in tye van swaarkry? | Lynette Beer | #MentorMaandag

Forum Nuus: Nuwe Sol-Tech-kampus open sy deure

Forum Nuus: Nuwe Sol-Tech-kampus open sy deure

Orędzie Prezydenta RP Karola Nawrockiego🇵🇱

Orędzie Prezydenta RP Karola Nawrockiego🇵🇱

VitaAmp Inspirasie | Wees bly!

VitaAmp Inspirasie | Wees bly!

© 2025 ycliper. Все права защищены.

  • Контакты
  • О нас
  • Политика конфиденциальности

Контакты для правообладателей: [email protected]