Ek hou vas aan wat ek glo
Автор: Lionel makes Music
Загружено: 2026-01-02
Просмотров: 247
Описание:
A song about faith and believing even when doubt sets in. Song lyrics in Afrikaans.
~~~Stream on other platforms~~~
https://hyperfollow.com/lionelmakesmusic
Sonstrale breek deur in die ooste
Voëls het reeds begin sing
Nog ’n dag geskenk deur ons Vader
Nog ’n kans om op nuut te begin
Al dra ek steeds bagasie
Van gister se nuwe begin
Daagliks raak dit swaarder
As elke dag van te voor
Dra ek steeds my ou glimlag
Gee ek steeds maar net voor
Waar kry ek my krag vandaan?
Is daar ’n groter mag daar bo?
Dikwels verval ek in twyfel
Wanneer die lewe my leer om te glo
Daar is krag in Sy woord
Al voel dit nie altyd so
Ek kyk terug na ou beloftes
Woorde wat ek hardop sê
Sommige het lank al stil geraak
Ander dra ek steeds met my mee
Ek leer loop met leë hande
Nie alles hoef ek self te dra
Ek staan stil voor elke vraag
Wat ek nie kan verstaan
Al voel my geloof soms klein
Kies ek om steeds te staan
Waar kry ek my krag vandaan?
Is daar ’n groter mag daar bo?
Dikwels verval ek in twyfel
Wanneer die lewe my leer om te glo
Daar is krag in Sy woord
Al voel dit nie altyd so
As die pad weer donker raak
En my stem begin kraak
Hou U my vas in stilte
Wanneer ek nie meer kan bid nie, net kan wees
Waar kry ek my krag vandaan?
Is daar ’n groter mag daar bo?
Al verstaan ek nie elke antwoord
Ek hou vas aan wat ek glo
Daar is krag in Sy woord
Selfs wanneer dit nie so voel
Daar is krag in Sy woord
Selfs wanneer dit nie so voel
Oorspronklike lirieke deur Lionel Redelinghuys
Musiek gemaak met @sunomusic
#music #faith #believe #song #folk
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: