Jou Mense My Mense: Juane Smith
Автор: GROOTfm 90.5
Загружено: 2026-02-18
Просмотров: 349
Описание:
Die 6-jarige Juane Smith is onlangs gediagnoseer met T1 diabetes. Toe sy in Januarie opgeneem is, is daar vir haar ouers gesê haar organe is besig om in te gee. Juane was in DKA (Diabetic Ketoacidosis – basies op die drumpel van ’n diabetiese koma) en haar suikertelling was bo 30.
Sy moet elke 14 dae ‘n nuwe sensor kry wat die gesin elke keer R1 500 kos. Sonder die sensor moet sy elke 10 minute ‘n vingerprik doen om te kyk hoe haar suikertelling lyk. Juane word behandel by Groenkloof hospitaal, en haar ouers, Isabell en Christo, kan ongelukkig nie mediese fonds bekostig nie.
Juane het twee broers – Christopher en Ethan. Pa Christo is die broodwinner, terwyl Ma Isabell na die kinders se belange en Juane se gesondheid omsien en monitor. Juane en Ethan is tans in Laerskool Hermanstad, en Christopher het reeds skool voltooi. Juane sien weer in Maart die dokter. Ma Isabell, Pa Christo en Juane het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: