"Geen ouer moet sy kind so in 'n swembad sien nie." Timothy Downey
Автор: Netwerk24 Video
Загружено: 2017-01-11
Просмотров: 67586
Описание:
Geen ouer moet sy kind so in 'n swembad sien nie sê Timothy Downey.
Timothy Downey (30), pa van die kinders, sê hy het nog altyd gedink Anthony kan nie ’n kind wees nie, “hy moet ’n engel wees”.
“Ons kinders is almal soet, maar hy was net besonders soet,” sê Timothy.
Anthony is Vrydag omstreeks 12:00 in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg oorlede nadat hy Woensdag amper verdrink het toe hy in die swembad geval het.
Timothy sê wanner so iets gebeur, is mense se eerste reaksie altyd dat die ouers nie voorsorg getref het nie, maar in hulle geval was dit nie die geval nie.
“Die eerste ding wat ons gedoen het, voor ons die kinders nog hiernatoe gebring het, was om die swembad so te beveilig dat die kinders nie daar kan inkom sonder dat ons dit weet nie.”
Die swembad is omring met palissades en baksteenmure. Daar is slegs een plek waar die twee groter kinders sou kon oorklim.
“Ons het hulle net agter (naby die swembad) laat speel as ons daar was om te hoor as hulle inval.”
Downey en sy vrou, Hanneke (25), en hul drie kinders het sowat ’n maand gelede Meyerton toe getrek.
“Ons het hulle daardie dag laat voor speel, want ons het ’n alarmstelsel laat installeer.”
Hanneke was besig om kos te maak en Timothy was besig om reëlings rakende die versekering vir die alarm te tref.
Timothy was in ’n stadium op die foon en loop toe rond om sein te soek.
“Toe sien ek my seuntjie dryf in die swembad.”
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: