HTS Drostdy oud onderwysers vertel staaltjies gedurende die Legendes Program.
Автор: Woes TV
Загружено: 2023-02-13
Просмотров: 148
Описание:
[KYK]
Gedurende die #Legendes program by die Donkiefees het Jaco Van Dyk met oud onderwysers van Beleef HTS Drostdy, wat as Legendes beskou word, gesels.
𝐌𝐧𝐫. 𝐃𝐚𝐰𝐢𝐞 𝐝𝐞 𝐋𝐚𝐧𝐠𝐞
HTS Drostdy Legendariese Oudonderwyser (1983 2018)
Mnr. Dawie de Lange het in 1983 by Drostdy begin skoolgee. Tydens sy loopbaan by Drostdy, het hy
die voorreg gehad om onder viér skoolhoofde te werk. Hy het Geskiedenis en later Lewensoriëntering aangebied. Mnr. De Lange was vir 17 jaar adjunkhoof.
In 2018 het hy na 35 jaar, as onderwyser by Drostdy, sy onderwysloopbaan afgesluit met sy welverdiende aftrede.
Mnr. De Lange was baie lief vir sport en daarom sou jy hom ook altyd op die sportvelde, waar hy besig was om af te rig gevind het.
As hy so terugdink, is dit die skool se leerders en die skool se gees wat hy vandag die meeste mis.
𝐌𝐧𝐫. 𝐖𝐢𝐥𝐥𝐞𝐦 𝐄𝐬𝐭𝐞𝐫𝐡𝐲𝐳𝐞𝐧
HTS Drostdy Legendariese Oudonderwyser (1989 2013)
In 1989 het Mnr. Willem Esterhyzen as onderwyser by Drostdy aangesluit. Die vakke wat hy in sy termyn aangebied het, was Afrikaans, Toerisme en Lewensoriëntering. Hy was vir 24 jaar 'n onderwyser by die skool. In 2013 het hy Drostdy gegroet, nadat hy diep spore getrap het.
Die mooiste herinnering wat Mnr. Esterhyzen by Drostdy ervaar het, is die samehorigheid van die leerders. Hy sê, “Tydens my tyd by die skool, kon elkeen wat deel van die skool was, 'n gevoel van “behoort” ervaar. Dít sal ek nooit vergeet nie”.
𝐌𝐧𝐫. 𝐁𝐞𝐧𝐧𝐢𝐞 𝐆𝐞𝐥𝐝𝐞𝐧𝐡𝐮𝐲𝐬
HTS Drostdy Legendariese Oudonderwyser (1980 2018)
Mnr. Bennie Geldenhuys het 1 Januarie 1980 by Drostdy begin skool gee. Hy was vir baie jare deel van Drostdy se onderwysspan. In dié tydperk het hy Loodgietery, Plaatmetaalwerk, Tegniese Tekeninge, Technika Siviel, Siviele Tegnologie en Sosiale Wetenskappe as vakke aangebied.
Ná 38 suksesvolle jare as onderwyser by die skool het, hy besluit om in 2018 die leisels neer te lê.
Dit is vir Mnr. Geldenhuys 'n riem onder die hart om die sukses te sien wat oud leerders van Drostdy bereik het. Die mooi herinneringe, wat hy het van die skool se sport het, sal hom altyd bybly.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: