The Scripture - Christus se voorbeeld van nederigheid - Filipense 2:1-11
Автор: The Scripture
Загружено: 2026-01-08
Просмотров: 39
Описание:
Christ's Example of Humility
Php 2:1 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,
Php 2:2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
Php 2:3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
Php 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
Php 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Php 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
Php 2:7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
Php 2:8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Php 2:9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
Php 2:10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
Php 2:11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: