Saterdag 15 Maart 2025 - Regstreekse BCVO Landswye Atletiek vanaf Sasolburg
Автор: Boermedia
Загружено: 2025-03-14
Просмотров: 4406
Описание:
15 Maart - BCVO Atletiek regstreeks vanaf Sasolburg.
Namens die Noord-Transvaal Sportraad, wil ons u een en elk verwelkom by die BCVO Landswye Atletiekbyeenkoms van 2025. Dit is vir Noord-Transvaal ‘n groot voorreg om die 29ste SA Atletiek byeenkoms te kan aanbied.
By BCVO is dit vir ons belangrik om ons kinders die geleentheid te gee om hulle Godgegewe talente te kan UITLEEF, of ons wen of verloor maak nie saak nie, ons het deelgeneem, en dit was vir ons lekker. Ten spyte van harde werk en oefen is daar altyd pyn, hartseer en teleurstelling, maar so groei ons. Daar is ook oorwinning en sukses wat karakter bou en motiveer.
Die Noord-Transvaal Sportraad en BCVO wil vir elke ouer, onderwyser, grootouer, atleet en leerling wat vandag hier is of aanlyn kyk, sê…….baie, baie dankie, vir kilometers se ry van reg oor die land, al julle moeite, ondersteuning en ook harde werk, veral ons beamptes, wat soms sy of haar kind se item mis, en vir klomp ure in die son staan om die byeenkoms moontlik te maak, ons waardering is groot.
Dankie vir die BCVO Sportraad wat ons so getrou ondersteun en help, julle is regtig staatmakers. Noord- Transvaal se ouers, onderwysers en leerlinge, julle maak ons trots, geen werk is vir julle te veel nie – DANKIE.
Sterkte vir elke atleet, DOEN JOU BES, GOD DOEN DIE RES.
Geniet die byeenkoms, kuier saam met mekaar en veilig terug reis na u tuistes.
Ter wille van ons kinders – tot eer van GOD.
Danilla Stapelberg
Noord-Transvaal Sportvoorsitter
GEDRAGSKODE VAN DIE ATLEET
Ons, die mededingende spanne onderneem en belowe plegtig
Om vandag ons kleure tot eer van ons skool te dra.
Met ywer - sonder na-ywer
Met krag - sonder bruutheid
Vasberade - maar beleef.
Want, hoofsaak in die lewe is nie oorwinning nie, maar volharding - nie die vrug nie, maar die strewe - nie die loon nie, maar die gesindheid.
Die waarde van sport kan vir hom wat verloor baie meer beteken as vir hom wat wen -
Want menige wenner beleef in sy oorwinning soms sy grootste nederlaag,
En menige verloorder verlaat dikwels die strydperk as triomfeerder oor homself en sy teenstander,
Geestelik geskool en gesterk.
As ons Hemelse Vader eendag teenoor jou naam kan skryf, skryf hy nie dat jy gewen of verloor het nie,
maar hoe jou gesindheid in die stryd was!
#boermedia #bcvosport
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: