Zaza - Marlee van der Merwe (Afrikaans)
Автор: LeopardTV
Загружено: 2022-01-14
Просмотров: 309
Описание:
Zaza en haar suster, Ziana, was die eerste twee luiperds wat kampe gekry het op Shayamanzi. Die plaas waarop hulle grootgeword het is verkoop en hulle moes uitgesit word of nuwe blyplek kry. Zaza het 16 jaar oud geword en toe aan natuurlike oorsake gesterf. Sy was spelerig en het die mooiste groen oë gehad wat jou kon hipnotiseer. Zoy, 'n teelmannetjie, het gereeld 'n kuierbeurt gekry by Zaza of Ziana. Zaza het die kuns van 'n sekere dans verstaan om Zoy te bekoor en sy bene lam te maak. Letterlik en figuurlik het hy doodstil op die klippe gelê en staar na Zaza as sy om en om hom dans. Sy het hom elke keer met haar dans gehipnotiseer. As Zoy so 'n ver kyk in sy oë gekry het, het sy inbeweeg en al om, oor en teen hom gedans. Zoy moes dink hy is in die dierehemel! Die versteekte kameras wat honderde kilometers verder uit ons kontrolekamer beheer word, het hier 'n passiespel tussen luiperds afgeneem wat min mense ooit sal sien. Die Zaza-liedjie met Marlee van der Merwe in die Zaza-rol is 'n uitstekende uitbeelding van die misterieuse en hipnotiserende effek wat 'n luiperdwyfie met die mooiste pels, oë en dans aan 'n man se hart kan doen. - Die Zaza liedjie is gesing deur Marlee van der Merwe, geskryf deur Machiel Roets en vervaardig deur Leopard.tv/Shayamanzi Game (Pty) Ltd.
Nog liedjies beskikbaar op Leopard.tv - http://bit.ly/2fBxhPh
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: