#DailyInspiration
Автор: CLF Christian Literature Fund
Загружено: 2025-12-18
Просмотров: 0
Описание:
#dailyinspiration
WYS JOU LIEFDE
“Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid” (1 Johannes 3:18)
Die grootste opdrag van God aan ons gaan oor liefde. Eerstens moet ons God liefhê, en tweedens moet ons liefde aan almal bewys met wie ons te doen kry. Die Bybel praat van ons naaste. Wie is ons naaste? Dit is elke mens in jou lewe wat jy ontmoet, of mee te doen kry. So is selfs die man wat die strate vee waar jy verbystap jou naaste. Groet hom vriendelik. Die Here sien dit raak, en so is jy ’n ware kind van God.
Ons teksvers sê dat ons nie net van liefde moet práát nie. Nee, ons moet deur dit wat ons doen bewys dat ons liefde in ons harte het. Groet mense opreg, help mense wat sukkel, en gee aan die armes iets om te eet. Al ken jy nie die ou tannie wat swaar dra aan haar pakkies nie, help haar dra, en sorg dat sy veilig oor die straat kom. Die Here soek mense op aarde wat liefde aan ander bewys. Dit is tekens van sy koninkryk.
Liefdevolle Here, wys vir my waar ek ander mense in liefde kan bystaan. Amen.
Geneem uit: Saai die Goeie saad, deur Daantjie Theron
Повторяем попытку...
Доступные форматы для скачивания:
Скачать видео
-
Информация по загрузке: